Month: Julie 2018

Beskutting Teen Die Storm

My Oklohoma vriend, John, het graag tornados gevolg. Hy het die storms versigtig deur middel van radio kontakte en radar opgespoor en hulle verwoestende pad goed dopgehou sodat hy skielike rigting-veranderings aan mense wat in die tornado se pad is, kan deurgee.

Eendag het ’n tregtervormige wolk so vinnig van koers verander dat John hom skielik in groot moeilikheid bevind…

Oos Wes, Tuis Bes

“Hoekom moet ons verhuis?” het my seun gevra. Dit is moeilik om aan veral ’n vyfjarige te verduidelik wat ’n tuiste werklik is. Omdat ’n woning ’n plek is waar geliefdes tuis gaan, was ons eintlik besig om ’n huis te verlaat maar nie ons woning nie. Woning is die plek waarheen ons terugkeer na ’n lang reis of na…

Deur Die Kruis

Daar staan ’n groot glaskruis op my kollega, Tom, se lessenaar. Sy vriend, Phil, wat soos Tom, ook kanker oorleef het, het dit aan hom gegee om hom te help om alles “deur die kruis” te sien en om hom aan God se liefde te herinner.

Dit is ’n uitdaging vir almal wat in Jesus glo, veral in moeilike tye.…

Wat Is Jou Begeerte?

Eendag terwyl ek met ’n transaksie by die bank besig was, het ek aan die bankteller gevra of die motor op die foto op sy ruit, ’n Shelby Cobra toermotor, sy motor is. “Nee,” het hy geantwoord, “Dit is my begeerte, die rede hoekom ek elke oggend opstaan om werk toe te gaan.”

Ek verstaan hierdie jongman se begeerte. ’n…

Ek Kan Dit Net Nie Doen Nie

“Ek kan dit net nie doen nie,” het die verslae student gekla toe hy die haas onmoontlike vraestel bekyk. Hy het die onderwyser se hulp benodig.

Ons mag dalk dieselfde wanhoop beleef wanneer ons Jesus se bergrede lees. “Julle moet julle vyande liefhê” (Mat. 5:44). Kwaad is so sleg soos moord (vs. 22). Begeerte is dieselfde as egbreek (vs. 28).…

Geen Mede-ondertekenaar Nodig

Sonder ’n goeie rekord van skuldvereffening is geldleners huiwerig om finansiële risiko’s te neem by die toestaan van lenings wanneer ’n persoon ’n huis of motor wil aankoop. Sonder so ’n rekord is die aansoeker se belofte om dit wat hy leen terug te betaal, onvoldoende. Die voorgenome lener versoek dan iemand wat wel ’n goeie rekord van skuldvereffening het…

Die Beste Geskenk

Ek was besig om vir my terugtog huistoe in te pak toe my moeder ’n geskenk aan my oorhandig – een van haar ringe wat ek lank reeds bewonder het. “Waarvoor is dit?” het ek gevra. Sy het geantwoord: “Ek dink jy moet dit nou reeds geniet. Hoekom wag totdat ek sterf? Dit pas my buitendien nie meer nie.” Ek…

Om Ons Seer Weg Te Steek

’n Plaaslike kerk het my gevra om as gasspreker op te tree. My onderwerp het gehandel oor die erkenning van gebrokenheid en die genesing wat God wil skenk. Voordat ons met gebed gesluit het, het die pastoor opgestaan, diep in die oë van sy gemeentelede gekyk en gesê: “As julle pastoor het ek die voorreg om gedurende die week na…

Hy Ken Ons

Het God van my geweet toe ek een nag siek met koors en ’n kopseer ’n rit van 160 km na my tuisdorp aangepak het? “Here,” het ek gebid, “ek weet U is met my, maar ek is in pyn!”

Moeg en swak het ek langs die pad naby ’n klein dorpie stilgehou. Tien minute later het ek ’n stem…

’n Anker Wanneer Ons Bevrees Is

Bekommer jy jou ook oor alles? Ek sukkel byna daagliks met bekommernis en angstigheid. Ek was maar ’n tienderjarige toe ek eenkeer die polisie geskakel het omdat my ouers nie teen die verwagte tyd tuis was nie.

Die Skrif vermaan ons herhaaldelik om nie bang te wees nie. Omdat God goed en magtig is en Hy Jesus gestuur het om…